Landbouweekblad

’n Nuwe manier om ou praktyke aan te pak

Deurlopende bemarking is een van die grootste suksesfaktore in ’n besigheid.

“Goeie klante- en naverkopediens speel nie net ’n belangrike rol in ons besigheid nie, maar is almal se besigheid,” meen mnr. Arthur de Villiers, ’n huishoudelike naam in beesboerdery, stoetteling en die Bonsmara-bedryf wat sy klanteverhoudinge deur die dekades verfyn het.

“Ons besoek ons klante dikwels om bulle en vroulike diere wat by ons gekoop is, en hul nageslag te sien. Dit is belangrik om deel van hul sukses te wees en maak dit makliker om bulle aan te beveel.

“Só skep ons vertroue in mekaar en hulle voel gemaklik om probleme of hul tevredenheid te opper.

“Met sosiale media kan die inligting soms oorweldigend wees, maar ons spits ons toe op doeltreffender bemarking, sonder om ’n oorlas te wees.”

Ná twee jaar se covid-19-beperkings besef hy hy kan nie meer ’n veiling sonder ’n aanlyn opsie hou nie, “al kom ons ook deur die pandemie”. Dit is ’n voordeel vir klante wat ver bly. Nogtans is dit voordelig as ’n voornemende koper die diere vooraf self besigtig. Daarom hou De Villiers inligtingsdae sowat twee weke voor ’n veiling waar die veilingsbulle bespreek en hul ma’s gewys word.

De Villiers en sy vrou, Anél, boer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related Books & Audiobooks