‘DIE HOOF SE BENDE VAN HOUE’
OP ’N dag het haar seun by die huis gekom en vertel hy is in skoolpouse deur ander kinders geskop en geslaan. Met haar eie oë sien sy die skoensoolvormige kneusplek aan sy rug – asof hy gebrandmerk is.
Tot haar ontsteltenis hoor sy die aanvallers is nie gestraf nie. En erger nog – na bewering is dit die skoolhoof self wat hulle aangehits het.
Daleen* se storie oor wat verlede jaar op die skoolterrein met haar laerskoolseun gebeur het, is maar een van talle bewerings wat die afgelope tyd gemaak is oor ’n skrikbewind wat glo by die Laerskool Frikkie Meyer in Vanderbijlpark gevoer word.
Volgens bronne na aan die skool het “uitgesoekte” leerders toestemming gekry om ander leerders wat “oortree” ’n les te leer.
Dié les? Een wat met geweld toegedien is. En die een wat die “toestemming” hiervoor gegee het? Na bewering die skoolhoof.
Aan is beweer
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days