Landbouweekblad

Wêreld se top-tegnologie

Die digitale afdeling van Deutsche Landwirtschafts-Gesellschaf, ’n Duitse landbouvereniging, se Agritechnica-uitstalling, waar die wêreld se top-landboutoerusting, -werktuie en ander tegnologie uitgestal word, is tot einde Maart aanlyn beskikbaar. ’n Span internasionale beoordelaars het onlangs een goue en 16 silwermedaljewenners in Agritechnica 2022 se innovasiekompetisie aangewys. Hou die volgende uitgawe van Landbouweekblad dop vir die res van die verstommende tegnologie.

CEMOS AUTO HEADER-BYSTANDSTELSEL VAN CLAAS (DUITSLAND)

SUPERSTROOPGEMAK

Tot nou toe moes die tafellengte en katrolposisie van die Vario-snybalke met die hand deur ’n operateur in die stroperkajuit aangepas word vir ’n optimale en egalige vloei. Om dié werklading te verminder, het Claas die CEMOS Auto Header-bystandstelsel ontwikkel wat hierdie snybalkinstellings outomaties by die heersende strooptoestande aanpas. Dit word bereik deur data van ’n lasersensor op die stroper te gebruik om die katroldiepte-instelling te beheer,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit