Landbouweekblad

Oestegnologie om elke pit te laat tel

Min werktuie het soveel gevorderde tegnologie as die hedendaagse graanstroper. Dit is die vlagskip, die verpersoonliking, van die tegnologie waartoe ’n vervaardiger in staat is en ’n bron van trots vir enige graanboer. En met rede.

Die graanoes is die boer se hoofdoelwit of reason d’etre. Alle praktyke – van grondbewerking tot kultivarkeuse, plant, bemesting en bespuiting – kom in die strooptyd bymekaar wanneer die stropermonitor skoolrapport speel vir die boerdery se suksesse of teleurstellings. Daarom is tegnologiese vernuwing wat tot beter of doeltreffender strooppraktyke lei, noodsaaklik.

Mededinging onder vervaardigers om die beste tegnologie na hul stropers te bring, is straf en nuwe ontwikkelings vind byna jaarliks plaas. Landbouweekblad het by van hierdie vervaardigers gaan kers opsteek om die jongste tegnologie in oënskou te neem ten einde boere te help om winsgewender te wees en volhoubaar te bly boer.

Star Wars vir jou stroper

Een van die belangrikste aspekte van hedendaagse stropertegnologie is dat dit aanpasbaar is.

“Plase verskil op soveel vlakke dat daar nie meer ’n enkele oplossing vir alle stroperbehoeftes bestaan nie. Topografie, grondtoestande, graangehalte, werksure en verskillende praktyke vereis ’n aanpasbare werktuig wat graan doeltreffend kan stroop,” het Jacques van den Berg, taktiese bemarker vir Afrika en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter