Landbouweekblad

Kommissie rig visier op vlak van deelname in die landbou

Die Mededingingskommissie het in ’n omvattende verslag, wat in Desember 2021 bekend gemaak is, na die vlakke van konsentrasie in alle sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie gekyk. Hy het bevind byna 70% is “hoogs gekonsentreerd” en sowat 40% “hoogs gekonsentreerd met ’n vermoedelik oorheersende maatskappy”.

Die bevindinge bevestig volgens die kommissie waarom die Wet op Mededinging (Wet 89 van 1998) taamlik onlangs gewysig is om onder meer die klem te verskuif vanaf die blote beskerming van mededinging en deelname na die verbetering van mededinging, die vermindering van konsentrasie in die ekonomie, die bevordering van deelname en die verspreiding van eienaarskap.

Mnr. Jac Marais, vennoot by die regsfirma Adams & Adams en ’n kenner van mededingingswetgewing, sê konsentrasie verwys na die mate waartoe ’n klein groepie betrokkenes ’n groot persentasie van die markaandeel besit.

“Hoe groter die markaandeel en hoe kleiner die groepie deelnemers, hoe meer gekonsentreerd is die mark. Deelname verwys na die hoeveelheid deelnemers in ’n mark. Vir die doeleindes van die verslag is meer deelnemers gelyk aan meer deelname.”

In die verslag word dele van die sektor wat produksiemiddele vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related