Landbouweekblad

Covid-19 dryf vrae oor vlakke van mededinging op spits

Oplossings moet enersyds gevind word vir die kosteknyptang waarin boere hulle bevind, en andersyds ook vir die dilemma van armer huishoudings wat nou goedkoper kos met ’n laer voedingswaarde koop.

Só sê mnr. James Hodge, hoofekonoom by die Mededingingskommissie. Hy skryf die penarie van armer huishoudings aan die werks- en inkomsteverliese te midde van covid-19 toe. Verder meen hy té hoë vlakke van konsentrasie onder die verskaffers van produksiemiddele, asook wat die verwerking van landbouprodukte betref, vererger die kosteknyptang wat boere om verskeie redes ervaar.

Hodge sê die kommissie het tydens vlak 5 van die covid-19-inperking klagtes van melkboere gekry dat kopers hul leweringskontakte eensydig en tot hul nadeel verander het. Nadat die kommissie dié magsmisbruik aangepak het, het die melkverwerkers hul besluit omgekeer.

MEDEDINGINGSKOMMISSIE SE VERSLAG

In ’n onlangse verslag oor die prysmonitering van noodsaaklike voedselsoorte het die kommissie homself ten gunste van ’n groeiende, minder gekonsentreerde en inklusiewe landbou-ekonomie uitgespreek. Daarná het die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) in ’n dokument gesê dit is net so gevaarlik om te argumenteer daar is té veel konsentrasie in die landbou as om te beweer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter