Weg! Platteland

Ontmoet die mense

Audrey Jantjies

Skrywer en projekbestuurder

Met haar lasergesnyde “Jantjies Klimeid”-oorbelle is Audrey, ’n jare lange inwoner van Railton, nie op haar bek – óf pen – geval nie. (En as die een haar dalk in die steek laat, vat die ander een dadelik oor.) Al ry sy deesdae gereeld rond vir haar werk as projekbestuurder by die ingenieursmaatskappy Delta, bly skryf haar eerste liefde.

Sy is in ’n “armste-van-die-armes-tweevertrekhuisie” op die buurdorpie Suurbraak gebore, en dié komplekse grootwordjare en haar lewe tans bly steeds ’n vername voedingsbron vir haar skryfwerk en haar blog! Xairu Queen, wat sy aanvanklik net in Engels geskryf het.

Maar toe ontdek Audrey die moontlikhede van Afrikaans, haar moedertaal, by ’n skryfkursus wat die veelbekroonde romansier Ingrid Winterbach in 2019 by die Swellendam-winterskool aangebied het. Verlede jaar is sy gekeur vir die mentorskapprogram van die Jakes Gerwel-stigting, plus ’n verhaal van haar het die US Woordfees se kortverhaalbundel gehaal. En nou is haar debuutroman, As die katjiepiering blom, vir publikasie aanvaar. Dié komvandaanstorie van Lea Floris speel eweneens in die Overberg en Kaapstad af. (“Ek het ook ’n paar jaar in Kaap gewoon, in Seepunt, maar in die jare van die Nigerian invasion,” sê sy.)

“Ek skryf oor hierdie plek, want my lê hier. As ek ná ’n werkstrippie terugry, dink ek elke keer daar is nie mooier dorpe as Swellendam en Suurbraak nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi

Related