NEE DANKIE VIR ’N ‘MOOIER’ EK
Oct 01, 2021
4 minutes
Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS
![f0100-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5a2expjw8w920vfm/images/file57AVIF6R.jpg)
![f0100-02](https://article-imgs.scribdassets.com/5a2expjw8w920vfm/images/fileBTH567UQ.jpg)
ILTERS, vullers, botoks … Deesdae is daar baie maniere om plooie weg te stryk, ’n paar kilogramme af te skawe, jou boude te lig, of bulte en knoppe weg te toor.
Maar Kate Winslet het nie ooghare vir sulke dinge nie. Dié ster – wat op 6 Oktober 46 word – het nie tyd vir truuks en toertjies nie. Daar is net een mens wat sy in die spieël wil sien en dit is syself: in al haar onvolmaakte glorie.
Kate was die vergestalting van liggaamspositiwiteit lank voor dit ’n gier geword het. In 2003 het sy hoofopskrifte gehaal toe sy die tydskrif voor stok gekry het oor hulle haar op die voorblad laat maerder lyk
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days