DAAR’S (ALTYD) GELD IN VOEDSEL
mense moet eet. As ’n mens aan Maslow se hiërargie van menslike behoeftes dink, is kos, water, warmte, rus, sekuriteit en veiligheid mense se basiese behoeftes waarin voorsien moet word. Geld word gewoonlik gemaak as ’n behoefte en ’n oplossing saamkom en die verkrygende party genoeg waarde aan die oplossing heg om geld daarvoor te gee.
Anders as water is voedsel nie ’n openbare item in Suid-Afrika nie en word dit volgens markbeginsels geproduseer. Dis ’n groot bedryf. In Statistieke SA se mandjie om die verbruikersprysindeks (VPI) te meet, is voedsel die tweede grootste komponent ná behuising (nog ’n basisbehoefte) en verteenwoordig 15,48%.
En plaaslike voedselpryse styg. In Desember verlede jaar was die koers waarteen voedselpryse (op verbruikersvlak) gestyg het, dubbel die koers van kerninflasie: 6,2% teenoor 3,1%. Voedselprysinflasie op verbruikersvlak bly sedert Maart vanjaar bo 6% op ’n jaargrondslag (kyk na grafiek 1). Wat kommerwekkend is, is dat voedselprysinflasie by die plaashek sedert Oktober verlede jaar bo 6% per jaar bly.
Internasionale graanscenario
Nou hoekom styg voedselpryse? Graan, wat die grootste gedeelte van die wêreld se voedselproduksie verteenwoordig, kan dit die beste verklaar. Die wêreld se graanvoorraad (wat koring, growwe graan en rys insluit) het drie opeenvolgende jare afgeneem, met ’n matige styging van 0,3% wat vir 2021-’22 voorspel word, volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-Organisasie (VLO). Daar word voorspel dat die wêreld 785,8 miljoen ton koring in 2021-’22 sal produseer (of ’n styging van 1,4% teenoor die vorige bemarkingsjaar), 1,516 miljard ton growwe graan (wat mielies, gars en sorghum insluit en ’n produksie-styging van 2,5% beteken) en 519 miljoen ton rys (’n styging van 1%), luidens die VLO se Voedselvooruitsig, wat in Junie gepubliseer is.
Die druk van oordrag van voorraad op
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days