Finweek - Afrikaans

IS HOËR VOEDSELINFLASIE ’N STIMULUS VIR BELEGGINGS?

onder moeilike ekonomiese omstandighede bly voedselinflasie ’n netelige saak vir verbruikers. Die redes vir voedselinflasie wat by tye styg of daal, is egter meer ingewikkeld as bloot ’n kwessie van produksietekorte en goeie vraag, of andersom. Verskeie kenners wys daarop dat ’n mens nie die reuse-impak van die internasionale landbousektor se kommoditeitsmarkte op plaaslike voedselpryse uit die oog mag verloor nie.

In onlangse maande het die landbou se kommoditeitspryse wêreldwyd skerp gestyg. Só sê dr. Tracy Davids van die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) en haar kollega, dr. Hester Vermeulen.

Die wêreldwye impak op SA

“Die voedselprysindeks van die Verenigde Nasies seVoedsel-en Landbou-organisasie (FAO), wat ’n aanduiding van die landbousektor se onderliggende kommoditeitspryse is, het sedert Junie 2020 geleidelik gestyg, maar in onlangse maande het dié styging versnel. In Februarie vanjaar was dit gemiddeld bykans 17% hoër as ’n jaar gelede. Jaar-tot-jaar was die internasionale pryse van plantaardige olies 51% hoër, gevolg deur prysstygings oordieselfde tydperk vir graansoorte (27%), suiker (10%) en suiwelprodukte (10%).”

Die gekombineerde internasionale aanbod-envraag-dinamika het die afgelope jaar ’n perfekte storm ontketen. Davids en Vermeulen skryf dit onder meer toe aan Covid-19-verwante reisbeperkings, arbeidstekorte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans1 min read
Finweek - Afrikaans
Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo,
Finweek - Afrikaans4 min read
Bou ’n Klimaatbestande Onderneming
voordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pan
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr