Maart 2020 sal om twee redes onthou word. Covid-19 het sy kloue in Suid-Afrika ingeslaan, en melkproduksie het sedertdien skerp gedaal.
Melk SA se jongste beraming dui aan die totale melkinname van Januarie tot Augustus 2023 was 1,4% laer as produksie in die ooreenstemmende tyd in 2022, en 1,8% laer as in die ooreenstemmende tyd in 2021.
Melkproduksie in Augustus 2023 was wel 0,6% hoër as in Augustus 2022.
GRAFIEK 1 dui die dalende neiging in melkproduksiegroei sedert Februarie 2020 aan. Die melk-voerprysverhouding beweeg sedert Julie 2018 onder die beraamde gelykspeelverhouding van 1,5:1.
Die dalende neiging in melkproduksie is die gevolg van die onwinsgewendheid van melkproduksie die afgelope meer as