Finweek - Afrikaans

DIE METALE-STORMLOOP

onder die maatskappye wat gebie het vir Atlantic Nickel, ’n maatskappy wat die Santa Rita-myn in die deelstaat Bahia in Brasilië besit, was twee motorvervaardigingsmaatskappye. Dié maatskappye neem nie normaalweg aan groot, regstreekse samesmelting- en-verkrygingsbedrywighede in die mynbousektor deel nie, maar hul teenwoordigheid spreek boekdele oor die skaarste aan metale, veral in ’n wêreld van beperkte aanvoerkettings.

Sibanye-Stillwater van Suid-Afrika het uiteindelik die wenbod vir Atlantic Nickel gedoen. Hy het $1 miljard kontant aangebied aan Appian Advisory Capital, ’n private-ekwiteitsmaatskappy van Brittanje wat Atlantic Nickel en nog ’n maatskappy, Mineração Vale Verde (MVV), in 2018 uit bankrotskap opgeraap het. MVV besit die Serrote-koperprojek – ook in Brasilië – wat Appian Advisory herontwikkel het en wat Sibanye-Stillwater se eerste bate sal word wat aan koperproduksie toegewy is.

Sibanye-Stillwater se aankoop van Santa Rita en Serrote was die maatskappy se vierde groot transaksie vanjaar in die hoërisiko-uitbreiding van sy groeistrategie ter waarde van $2 miljard. Terwyl die maatskappy vroeër op die produksie van goud en platinumgroep metale (PGM’e) ingestel was, skat Neal Froneman, uitvoerende hoof van die groep, dat ’n derde van die toekomstige verdienste uit batterymetale sal kom – ’n wye spektrum wat litium, asook koper en nikkel insluit en wat ook gevestigde nywerheidsmarkte het.

Saam is dié metale noodsaaklik om batterye te bou om elektriese motors aan te dryf en ook vir toepassings in die berging van hernubare energie wat ’n rol in basisladingkragvoorsiening kan speel. Ander metale, soos PGM’e, sal ook ’n rol in die groenwaterstofrevolusie speel. Elektriese voertuie en waterstoftegnologie is tegnologiese

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans2 min read
Groter Belangstelling Om Te Koop
netcare, wat in 1996 gevestig en op die JSE genoteer is, is op twee ná Suid-Afrika se grootste privatehospitaalbestuurder volgens markwaarde. Hy het net meer as 21 000 mense in diens met 51 hospitale, 10 605 geregistreerde beddens en 422 operasiesale
Finweek - Afrikaans4 min read
Hantering Van Personeelomset In Onstuimige Tye
dit is byna ondenkbaar dat hoë personeelomset en ’n gesukkel om talent te behou, nou as ’n “tikkende tydbom” beskou word in ’n land met een van die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld. ’n Onlangse peiling oor salaris- en loonbewegings deur Remchann
Finweek - Afrikaans4 min read
Lees Meer, Leer Meer
dit het my lank gevat om te besluit hoe om hierdie artikel te begin. Ek moet erken dat dit nie maklik was om dit te skryf nie. Ek onthou toe ek nog maar net ’n klein tjokker was met drome in my kop en passie in my hart. Ek onthou hoe ek finweek gekoo