Huisgenoot

KREATIEF MET KERSE

MAAK DIE BESTE GEBRUIK VAN JOU KERSE

Volg dié slim wenke van Marti Foster, eienaar van die dekor-en geskenkwinke Masquerade, oor kerse:

Gebruik ’n ongelyke getal ■ Versierings soos metaalvlerke of kruise sal pilaarkerse in iets spesiaals omskep. ■ Vermy gegeurde kerse op die etenstafel, want dit sal met die geure van die kos inmeng. ■ Gegeurde kerse is wonderlik om ’n vertrek lekker te laat ruik, maar hou by een geur op ’n slag. Onthou, ’n vrou dra nooit twee soorte parfuum gelyktydig nie; dieselfde geld vir jou huis. ■ Gebruik drupbakke om ongelukkies te vermy soos warm kerswas wat op tafeldoeke of meubels beland. ■ Knip die kerspit tot ongeveer die helfte voor jy die kers aansteek om te verhoed dat dit “rook”. Gebruik ’n kersknipper of skerp skêr hiervoor. ■ Die beste manier om ’n kers te blus, is met ’n kersblusser of deur die pit in die warm was te druk en op te lig. Moenie kerse doodblaas nie; ’n vonk kan tot probleme lei of ’n afgebreekte stukkie van die pit kan in die was beland.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related