VAT WAT JY KRY – VOOR JY SNOEP RAAK!
Deur my jagloopbaan (van bykans ’n halfeeu) was daar veelvuldige geleenthede waartydens ek die kanse tot sukses uitgekanselleer het deur te uitsoekerig of snoep te wees. Van die heel eerste lesse, benewens dié oor wapenveiligheid, deur my oorle pa aan my oorgedra, was om nie te uitsoekerig in die jagveld te wees nie. Sy woorde was iets soos: “Moenie snoep wees nie! Gebruik altyd die eerste die beste geleentheid om vleis vir die pot te kry. Kry net eers iets in die sak en as dit dan moontlik is, kan jy altyd daarop probeer verbeter wat spesie (skiet liewer ’n bosbok as ’n duiker), grootte (skiet ’n diknekspringbokram pleks van ’n ooi) of kondisie (soek die vetste bok uit) betref.”
In daardie tye was daar natuurlik nog nie ’n prys op wild nie. Jag was gratis, en as dit die dag met jou goed gegaan het en jy meer geskiet het as wat jy en jou gesin self kon verbruik, kon jy altyd ’n karmenaadjie aan jou buurman of vriend skenk, of ’n bokkie by die boer aflaai. Hulle was dikwels so besig met die boerdery dat daar nie tyd was om iets vir die pot tegaan soek nie. ’n Ander beperkende faktor op die aantal bokke wat geskiet word, was natuurlik dat dit wat jy geskiet het self uitgedra of gesleep moes word na daar waar jy jou sedan gelaat het. Bakkies was vir boere, nie stadsjapies nie, en van fo-baai-fo’s was daar nog nie veel sprake nie.
Ek wil nie die woorde “ter nabetragting” gebruik nie,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days