Ek onthou die eerste blouwildebees (Connochaetes taurinus) wat ek gejag het nog asof dit gister was. My professionele jagter, ene Cassie (ek kan nie sy van onthou nie), het ’n troppie van sewe baie senuweeagtige blouwildebeeste probeer bekruip wat in die middel van ’n pan gestaan het. Die plaas waar ons gejag het, was naby Ellisras (vandag Lephalale) en in die proses om verkoop te word. Die boer was dus gretig dat soveel moontlik wild geskiet moes word voor hy die grond aan die nuwe eienaars oorgee. Die gevolg was egter dat die oorblywende wild wawyd wakker geskiet was, insluitende ons trop-pie blouwildebeeste!
Ek en Cassie het ’n paar yl doringbome as skuiling benut en eventueel al kruipend en bukkend so 120 meter van die trop af onder ’n doringboom halt geroep. Daar was niks behalwe oop grond tussen ons en die blouwildebeeste nie en dit was dus nou of nooit. Ek het stadig agter die doringboom opgestaan en die .30-06 teen die stam gestut. Heel links het ’n groot koei reg na ons toe gestaan en kyk. Ek het die kruisdraad in die koue oggendwindjie so stil as moontlik probeer staanmaak op haar borskas en versigtig die