Die swartwitpensbul staan in die oggend-son langs ’n groot olienhoutboom. Deur die verkyker lyk hy na ’n aanvaarbare trofee, maar dan draai hy sy kop. Hy het net een horing en Chris sien dit op dieselfde oomblik as ek. ’n Swartwitpens is nie op Chris of Dave, my kliënte, se wenslys nie, maar nou, naby aan die einde van die jag, begin beide jagters na ekstra diere kyk. “What is the price for a one-horned sable?” vra Chris. Ek gee hom ’n prys. Ek kan am-per die ratte in sy kop hoor draai. Hy is ’n ruk stil, dan sê hy: “Let’s find that kudu first.”
Daardie koedoe is ’n uitdaging, soos groot koedoebulle maar is. Die jag was tot dusver baie suksesvol, maar ’n groot koedoebul ontwyk ons nou al vir sewe dae. Ons los die swartwitpens.
Dit is ’n koue suidewind wat waai; nie die ideale weer vir koedoejag nie. Maar Diana is ’n wispelturige meisie en ’n uur later sien Chris ’n mooi koedoebul in ’n kloof staan. Ná ’n kort maar uitdagende bekruipery, skiet hy