Dagbreek is ’n dun rooi streep in die ooste wanneer ek die ou Land Cruiser langs die twee verdraaide kareebome stop. Die Suid-Vrystaatse winterkoue slaan amper my asem weg as ek styfstyf uitklim en my toerusting regkry. Ek maak weereens seker dat die 9.3x62 Mauser met die plastiekkolf se magasyn gelaai is en laat sak dan die slot op ’n leë kamer met my vinger op die sneller. Die rubbergeweerband sit gemaklik op my linkerskouer, maar die skietstokke is koud in my regterhand. Waar die pad in die kloof indraai, is ’n kol soetdoringboompies. Ek rus my verkyker op die skietstokke en begin die kloof van regs na links fynkam. Daar is ’n troppie gemsbokke ver weg teen die oorkantste hang en onder in die kloof staan die ou alleenloper-blouwildebeesbul by ’n soutlek. Daar is ’n handbreedte se gaping tus-sen sy oorpunte en die binneste kurwe van sy horings. Ek wonder waar hy verlede week was toe ek ’n trofeejagter by my ge-had het.
Vanoggend jag ek ’n eland – ’n groot koei of ’n jong bul sal deug vir ’n