In die derde kloof lig ek my verkyker tot teen my oë en dit voel of ek aan ’n elektriese heining vat soos ek ruk. Ek fluister vir Sniper dat ek ’n wit gesig en twee skottels sien. Sniper bevestig dit is ’n koedoekoei. Die Leica flikker en wys ’n ses, ’n een en ’n nul – die adrenalien begin sommer dadelik vloei!
Met ’n strategie in plek beweeg ons plat op ons knieë in trurat op ons spore en dan versigtig vorentoe op ’n klipbank tussen die bosse. Koedoes op oop plase verdwyn mos vinniger as ’n no. 13- uit ’n werkswinkel. Opgewondenheid en geduld baklei woes in my binneste. Uiteindelik is dit opgewondenheid wat die oorhand kry en ek sleep my voete baie vinniger vorentoe as wat geduld dit sou doen. Op ons pense loer ons by die klipbank af, net om te besef dat die terrein ons om die bos lei. Die koeie