In 2022 bereik ek die 40-jaar - kerf volgens my Suid-Afrikaanse identiteitsdokument. As jagter is ek oortuig dit is die perfekte rede om my wenslys ’n regmerk of twee te gee met ’n nuwe spesie, aangesien Vader Tyd ook op my spoor is. Met 2021 se jagseisoen wat as gevolg van werksomstandighe-de nie volgens plan verloop het nie, moes ek eenvoudig vroeg begin in 2022. Ek maak vroegtydig ’n datum vas by vriend Marco Smit van Nahla Safaris net buite Schweizer-Reneke in Noordwesprovinsie.
Hierdie jagonderneming is baie gewild onder buitelandse sowel as plaaslike jagters en jag feitlik heeljaar. Met foto’s van jagters se trofeë wat ek die laaste paar seisoene met reëlmaat van Marco ontvang, moes ek ook daar ’n draai gaan maak. Nahla Safaris bied iets vir elkeen – biltong, trofeë en selfs skaars spesies. Ek sal selfs sover gaan om te sê dat baie min jagplase in Suid-Afrika meer spesies