DIE COVIDWATERBOK
Ek kan nie mooi onthou wanneer ek die eerste keer daaraan gedink het om ’n waterbok te jag nie, maar dit moes omstreeks 2010 gewees het toe ek een tydens ’n jagtog in Zimbabwe wou skiet. Soos dit uitgewerk het, het die enigste waterbokbul wat ons tydens daardie betrokke jag te siene gekry het, in die kloue van ’n honger trop leeus beland, so die jag het nooit plaasgevind nie.
Tydens daaropvolgende jagtogte kon ek telkemale waterbokke onder skoot kry, maar dié spesie was in daardie jare redelik duur om in Suid-Afrika te jag, en bowendien, almal het altyd te vertelle gehad dat waterbokvleis amper oneetbaar was as die dier nie korrek afgeslag word nie. Vir die man op ’n begroting (wat ek destyds was en nog steeds is) was ’n waterbok dus nie noodwendig altyd bo-aan die spyskaart nie en ek het verlief geneem met die feit dat hulle vir eers beskore was vir ander ouens.
’N EERSTE, ONSUKSESVOLLE POGING
Tydens ’n jag in die Noord-Kaap in 2018, het ek en my jagspan ons op die tweede dag bo-op ’n rantjie bevind. Voor ons was ’n goeie uitsig oor ’n kloof, met die waters van die Oranjerivier in die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days