SA Hunter/Jagter

KOEDOEJAG OP DIE GHAAP SE BERG

“Waar op dees aarde is die Ghaap”, vra ’n vriend my nou die dag toe hy na my jagplanne vir die res van die seisoen verneem. Sy klaarblyklike onkunde oor die Ghaap was te verstane. Min mense weet van hierdie juweel in ons land met sy vriendelike mense, unieke landskap en pragtige jagveld. Die Ghaapplato, of Ghaap se Berg soos die plaaslike mense dit ken, strek rofweg van Griekwastad in die suide tot Kuruman in die noorde en van Postmasburg in die weste tot Daniëlskuil in die ooste.

’N UNIEKE LANDSKAP

Moenie berge verwag nie – die hoogte bo seespieël is maar gemiddeld ’n paar honderd voet bo die res van die omgewing. Die landskap is uniek, met ’n reuse-dolomietfondasie (dink ondergrondse water) en kalksteenklippe en was blykbaar miljoene jare gelede ’n see. Oppervlakwater is skaars, wat gesorg het dat die gebied grootliks onbewoon was tot en met die vroeë 1900’s, toe die sink van boorgate met meer “moderne” tegnologie moontlik gemaak is.

Op sekere gedeeltes is daar “oë” (soos Kuruman se Oog) en baie plekke het panne wat in die somermaande vol reënwater is en dan ’n paar maande later weer heeltemal opdroog. Die meeste van hierdie panne word deur karee- en olyfbome omring,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter4 min read
Snelvuur
Just recently, the IUCN (International Union for Conservation of Nature) downlisted the scimitar-horned oryx (Oryx dammah) from Extinct in the wild to Endangered. Thanks to the work done by the Environment Agency of Abu Dhabi, the scimitar-horned ory
SA Hunter/Jagter8 min read
Afrika Se Superkampioen
“I experienced two very different emotions at the same time: extreme fright, and the utmost respect. As I lay there and looked up at the buffalo, I had nothing but admiration for it, even though it was trying to kill me. For the briefest moment, the
SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc

Related Books & Audiobooks