Kuier

Vinette STAAN WEER OP

As daar een ding is wat die Covid-19-pandemie baie duidelik gemaak het, is hoe kwesbaar die ganse mensdom is. Nie net is ons almal in ’n stryd om oorlewing gewikkel teen die corona-virus nie, maar wat ons as “normaal”beskou het, is heeltemal op sy kop gekeer.

Niemand kan ook stry oor die vernietigende effek wat die pandemie op ons geestesgesondheid gehad het nie. Voeg daarby die miljoene wat hul werk verloor het en dit is dus geen wonder dat baie voel hulle is op die randjie van die afgrond nie.

Die virus en die gevolglike lockdown het baie mense so leeg getap dat hulle nie eens meer die krag het om ’n gesig (of masker) vir die wêreld op te sit om voor te gee dat alles“fine”is nie.

Want wanneer alles om jou inmekaar begin tuimel, probeer jy eerste in jou kop uitwerk hoe jy deur die krisis gaan kom. Maar as jou kop nie meer wil saamwerk nie, sit jy met ’n probleem – ’n baie donker een…

Hiervan kan die veteraan-aktrise Vinette Ebrahim (64) getuig, want presies ’n jaar voor dié onderhoud het sy in ’n post op Facebook verklaar:“I can’t do this anymore.” Toe was die land in klipharde lockdown (vlak 5) en niemand kon niks

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier5 min read
Craig IS KOERSVAS
Dit het soul-searching en ’n sabbatical gekos om die gevoel van overwhelmed wees af te skud, maar nou het een van die land se talentvolste sangerliedjieskrywers, Craig Lucas, sy groove back. Hy praat met Kuier oor sy jongste projekte vanuit sy huis i

Related