Huisgenoot

GESOEK: NIERE VIR MY SEUNS

TWEE broers – die een 21 en die ander 12. En albei wag op ’n nieroorplanting. Boonop sal hul kleinboet, nou eers 10 jaar oud, dalk dieselfde pad as hulle moet stap.

Alta Hoffman droom van ’n gesinsvakansie iewers by die see waar haar seuns na hartelus op die strand kan baljaar sonder om hulle oor die volgende hospitaalbesoek vir dialise te bekommer. En sonder dat die onsekerheid aan hulle knaag oor of ’n geskikte skenker vir ’n nieroorplanting vir hulle gekry sal word.

Maar die werklikheid waarmee Alta (46) en haar man, Jaco (48), saamleef, is dat chroniese nierversaking reeds by albei hul twee oudste seuns, Johan (21) en Janco (12), gediagnoseer is. Genetiese toetse het gewys hulle het dieselfde twee mutasies in ’n spesifieke geen (NPHP3) waardeur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related