Huisgenoot

365 ROOI ROSE VIR ’N JAAR VAN SAMESYN

OM IN jou eerste huweliksjaar dag en nag saam vasgekeer te wees terwyl ’n lewensgevaarlike virus in die buitewêreld verwoesting saai, kan vir baie paartjies na iets uit ’n riller klink. Of “vreesaanjaend”, soos Tim Tebow dit stel.

Maar nie vir hom nie. “Hoe ironies is dit nie om te sê nie, maar dit was die mooiste jaar in my lewe – een wat ek saam met die mooiste mens in die heelal kon deurbring,” sê die aantreklike Amerikaanse bofbalspeler en motiveringspreker oor sy en Demi-Leigh Tebow se eerste jaar saam as getroudes.

“En sy is letterlik die mooiste in die heelal!” voeg hy skertsend by oor die Suid-Afrikaanse skoonheid wat in November 2017 as Mej. Heelal gekroon is.

Nou lag die donkerkop half skaam oor haar man se gloeiende beskrywing van haar. Kort ná hul eerste huweliksherdenking op 20 Januarie is die glanspaar duidelik nog net so verlief soos toe hulle in 2018 tydens haar jaar as die heelal se heel mooiste begin uitgaan het.

Toe hulle in die vroeë oggendure by ons uit hul tuisstad, Jacksonville, in Florida, Amerika – meer as 12 000 km ver van Suid-Afrika – vir ’n eksklusiewe aanlyn onderhoud met Huisgenoot inskakel, hoor jy heel eerste ’n vrolike gelag opklink.

Die twee probeer die skielike lagbui met groot moeite onderdruk, maar vergeefs. Gou verkneukel Demi-Leigh (25) haar weer oor iets wat Tim (33) flussies gesê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related