DEUR SHANDA LUYT
Jou pasgebore bondeltjie is kwesbaar omdat sy immuunstelsel nog onderontwikkel is, wat dit vir infeksies of siektes makliker maak om ’n houvas te kry.
Die beste manier om jou baba teen infeksies te beskerm is met borsvoeding, maar as dit nie moontlik is nie – of as jy moet teruggaan werk toe en jou baba bottel moet drink – is die deeglike sterilisasie van al sy voedingstoerusting een van die belangrikste maniere waarop jy hom kan beskerm, veral teen siektes soos gastroënteritis.
HOE LANK MOET EK AANHOU?
Kenners verskil oor presies hoe lank jy jou baba se bottels