Landbouweekblad

Red biokapasiteit

Dit het die mens 200 000 jaar gekos om vanaf die eerste, enkele Homo sapiens tot altesaam 1 miljard in die 19de eeu aan te was. Daarna het die mensdom ’n bevolkingsontploffing beleef. Binne 200 jaar, minder as ’n duisendste van sy totale bestaan, is nóg 6 miljard lewende mense tot hierdie 1 miljard toegevoeg.

Dié eksponensiële groei word toegeskryf aan die mens se tegnologiese vindingrykheid om medisyne te ontwikkel en voedsel te produseer, maar veral om fossielbrandstof in energie te omskep. Laasgenoemde het die mens in staat gestel om natuurlike hulpbronne op só ’n skaal te ontgin dat ’n baie groot bevolking daardeur onderhou kon word.

Die een tegnologiese uitvindsel het tot ’n ander gelei, wat die mens se lewensverwagting voortdurend verbeter het. Dit het nie net tot groeiende getalle gelei nie, maar ook tot verstedeliking, ’n opkomende middelklas en ’n toename in ekonomiese bedrywighede.

Gebou op ’n goeie fundamentele grondslag, het die mensdom op die oog af vir homself ’n klomp natuurlike hulpbronne tot materiële welvaart verwerk, maar terselfdertyd ’n toename in die vraag na voedsel geskep. Dit het van die landbou een van die blink sterre in die wêreldekonomie gemaak, soos in GRAFIEK 1 getoon word.

Met die ontstaan van die landbou sowat 12 000 jaar gelede het die mens

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding