Huisgenoot

‘SY HET HAAR DOODGETREUR’

DIE stoep van die plaashuis in die skadu van die Soutpansberg bied vandag skrale uitkoms teen Limpopo se Bosveldhitte wat soos ’n swaar, versmorende kombers oor alles hang. Dis kompleet asof ’n genadelose son die laaste bietjie lewe uit mens, dier en plant wil suig. Die droewigheid rem swaar aan die mondhoeke en skouers van Amelia Delport hier waar sy oor die werf tuur. Haar lyftaal spreek van die smart in haar moederhart. Want die afgelope maande en weke moes die 55-jarige vrou hulpeloos toekyk hoe haar dogter tot die dood toe treur. Trouens, Amelia glo haar geliefde dogter het haar doodgetreur.

Amptelik is Denise du Toit (36) weens nierversaking oorlede. Maar by haar familie is daar geen twyfel nie dat die jong weduwee van Louis Trichardt ook weens ’n gebroke hart gesterf het.

Die ergste was om hulpeloos te moes kyk hoe my dogter dag ná dag agteruitgaan. Sy het nog gelewe, maar die dood was reeds in haar oë,” vertel Amelia.

Teen die einde was daar van haar mooi dogter net ’n dop oor. “Ek het my dogter nie meer herken nie; sy het soos ’n lewende geraamte gelyk. Ek kon net hul- peloos vir die dood wag om haar te kom haal.”

‘Die ergste was om hulpeloos te moes kyk hoe my dogter dag ná dag agteruitgaan. Sy het nog gelewe, maar die dood was reeds in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related