Landbouweekblad

Stofbergs se eie ‘bulfabriek’ werp vrugte af

Topteelmateriaal. Dít is waarom alles by die Sussex-stoetery Platdrif by Worcester draai, sê mnr. Nollie Stofberg, wat saam met sy seuns, Pieter (28) en Nollie jr. (23), boer met wat vandag een van die top-Sussex-stoeterye in die land beskou word.

Boonop hou die stoetery die rekord vir hoogste prys nóg – R200 000 – wat vir ’n Sussexbul in Suid-Afrika betaal is, terwyl hy vanjaar ’n bul vir R180 000 verkoop het.

“Ons teel vandag ons eie topbulle. In ons opboufase was kunsmatige inseminasie ’n belangrike deel van ons teelbeleid, maar ons is tans taamlik tevrede met ons teelmateriaal. Daarom het ons nou na embriospoeling oorgegaan om ons kudde verder te verbeter,” sê Pieter.

“Natuurlik streef ’n mens altyd na nóg beter teelmateriaal deur deurentyd streng seleksie in die kudde toe te pas,” vul Nollie sr. aan. “Daarom het ons vanjaar die eerste Sussex-stoetery in die land geword wat met embriospoeling begin het. Ons gebruik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad8 min read
Boerdery Van Uiterstes: Om Die Drakensberg Te Tem
Die Du Randts van die plaas Dalmally in die distrik Elliot boer wydsbeen, met een been op die rand van die Drakensberg met suurveld en ’n kouer klimaat, en die ander been in ’n warmer klimaat aan die voetenent van die berg. Dalmally, op die rand van
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad4 min read
Die Boer Se Onsigbare Vyand
Aalwurms is die graanboer se grootste gevaar en die probleem word vererger weens ’n gebrek aan kennis van en inligting oor die plaag. Boonop word aalwurmsimptome soms verkeerdelik as ’n tekort aan voedingstowwe, droë toestande of ander biotiese en ab

Related