Huisgenoot

DOLGELUKKIG – EN ’N OUMA

WAT het van Marcelle Adams, die vriendin van wyle dr. Piet Koornhof, geword?

Dié vraag het opnuut opgeklink ná ’n onlangse aflewering van die VIA-reeks Huisgenoot: Ware lewensdramas oor die liefdesverhouding tussen die voormalige apartheidsminister en die veel jonger ma van vyf – ’n verhouding wat Suid-Afrikaners jare lank geboei het.

Nou sit sy aan die ander kant van die selfoonskerm in Bad Endorf in Beiere, Duitsland, waarheen sy en haar kinders 16 jaar gelede getrek het om daar by die nuwe liefde in haar lewe, die Duitse sakeman Fritz Cherdron (nou 71), aan te sluit. Dit was destyds ’n bitter moeilike besluit vir haar om Piet ná ’n verhouding van 12 jaar hier agter te laat, maar vandag sê Marcelle sy is oor niks spyt nie.

Ek het geen verwyte nie. Dit was nie maklik nie, maar my kinders word groot, en ek voel ek het hierdie vrede in my. Dit laat my ook dink as ek nie hierdie besluite geneem het nie, sou my lewe anders gewees het. Alles het ten goede uitgewerk,” sê Marcelle.

Jy hoor dadelik die swaar Duitse aksent wat deur die jare in haar stem gaan sit het toe sy die foon met ’n “hallô” antwoord.

Sy lyk stylvol in ’n donker langmoutop, want die Europese winter begin vinnig nader kruip. Haar lang, donker hare hang tot by

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot2 min read
Kolskoot Vir ’n cowboy
MET daai skrefiesoë wat onder die rand van ’n breërandhoed uitgluur, en ’n pistool sekuur op sy vyande gerig, kon hy enige skurk in hul broek laat … bewe. As speurder kon hy sonder om eens ’n oomblik te aarsel vir die skelm toesnou: “Go ahead, make m

Related