Aanlyn leer nie almal se pêl
“Het juffrou regtig gesê ons moet dit doen?”
Amaria Carstens, moderedakteur van SARIE, hoor dit gereeld by Sebastian (7) en Stella (9), onderskeidelik in gr. 1 en gr. 3.
Dié ma van Melkbosstrand is skielik gedompel in ’n lewe van aanlyn onderrig weens Covid-19 en tussendeur het sy die uitdagings van ’n voltydse werk.
Sy werk twee tot drie uur per dag afsonderlik met elke kind, ná ontbyt, wanneer hulle netjies gestewel en gespoor is, tensy sy ’n vergadering moet bywoon. Hulle ontvang weekliks ’n kort video en dokument van hul onderskeie juffrouens met opdragte en lesse. Sodra hulle iets nie verstaan nie, kontak sy die onderwyseres per WhatsApp of e-pos, en ná die verduideliking gaan hulle aan. “Ons het al baie gehuil. Sebastian reken hy sal nooit weer gelukkig wees tot die virus verdwyn nie.” Die kinders se buie wissel daagliks: Een dag is hulle masjiene, die volgende dag is dit ’n tranedal, vertel sy.
“Ná vyftien minute is hul handjies lam. ’n Mens het eindelose geduld nodig.” Gelukkig help haar man, Chris (Erasmus), ’n projekbestuurder, saans met hul leeswerk. Sy glo
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days