Stukkend
STEYN sak stadig in die wiegstoel neer en vryf met sy duim en voorvinger oor sy oë. Hy probeer die moeg verdryf wat agter sy ooglede brand. Hy lig sy kop en kyk na die items in die kamer waarin hy sit. Verslae. Hy sal seker van die goed moet begin wegpak. Of wegmoer soos hy nou voel. Skielik is sy ledemate loodswaar. ’n Ysige vuis kry sy ingewande beet en klem ál harder tot sy binnegoed klip word.
Die laatoggendson wat deur die venster stroom, doen niks om sy koue lyf te ontdooi nie. Hy trek die kombersie wat oor die stoel hang oor sy bene en dink terug aan die afgelope nag. Hy voel weer hoe Naomi hom probeer wakker skud. Haar gesig bo syne in hul bed – haar oë wild: “Iets is fout.” Hy wat deur die newels van slaap die angs in haar stem registreer. Toe haar kreet
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days