Santie het grootgeword op ’n wingerd- en skaapplaas langs die Olifantsrivier in Vredendal. Na matriek is sy Stellenbosch toe waar sy in 1992 ’n Meestersgraad in Navorsingsielkunde (cum laude) behaa...view moreSantie het grootgeword op ’n wingerd- en skaapplaas langs die Olifantsrivier in Vredendal. Na matriek is sy Stellenbosch toe waar sy in 1992 ’n Meestersgraad in Navorsingsielkunde (cum laude) behaal het. Sy is sedert 2011 sameroeper en administrateur van die Fynbosskrywers. Verskeie van haar kort kinderstories is gepubliseer in die media en op CD. In 2009 was sy een van die drie Finesse Skryf 'n Sprokie-wenners en sy is ook reeds twee keer as Vonkfiksie-wenner van Rapport Boeke aangewys.view less