Landbouweekblad

Gerugte van reën . . . DAAR’S HOOP!

Die twee hope dooie skape weerskante van hom is nie al vrektes wat hy gehad het nie. Oral in die veld lê nog. Hy weet, hy was by meeste van hulle. “Maar later het jy net nie meer die krag om hulle op te laai nie,” vertel mnr. JD Smit.

Die son is besig om agter Niertjie in te kruip. Niertjie is ’n rantjie hier naby JD se plaas, De Nek, sowat 60 km noordoos van Williston. As die wolke mekaar blou stamp bokant Niertjie, dan kry De Nek gewoonlik reën. Dit het baie min gebeur die afgelope ses jaar. Die droogte het suutjies by Niertjie verbygesluip en kom doodmaak hier in die Hardemanskaroo. Eers die veld, toe diere en toe die binnekante van die mense.

“Ons het verlede jaar niks oorgehad het nie. En . . . ja . . . dit is moeilik om vir iemand te vertel hoe dit voel.”

Die trane in JD se oë gesels vir ’n ruk in die stilste, sagste namiddaglug verder. Hulle sê dit was erger as wat jy dink.

“Ek het besluit nooit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad1 min read
Algehele Uitverkoping Van Kyksim Simmentalers
Uitstekende beeste en teelmateriaal is op die algehele uitverkopingsveiling van Kyksim Simmentalers van Berrie Botha aangebied. Die veiling is op 13 April in die Outeniqua-veilingskompleks in George. Altesaam 115 diere is aangebied. Die hoogste prys
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related