TV Plus Afrikaans

DítKykOnsNou

Naam: Genevieve Terblanche

Pos: Senior skrywer, TV hou my normaal.

Ek kyk nou: Norsemen, seisoen 1-2 (2016-2017) op Netflix.

My mening oor die reeks: Norsemen laat reekse soos Vikings (2013-nou) op hul agterent terug aarde toe val. Dit speel af op ’n Wikingdorpie in die 790’s en die histories korrekte produksieontwerp en kostuums gee dit die gevoel van ’n bloeddorstige historiese drama. Maar deur ’n moderne gevoeligheid met tradisionele Wikingwette en -kultuur te balanseer, bereik Norsemen absurditeit. ’n Vertonerige, waansinnige nuwe slaaf, Rufus (Trond Fausa Aurvåg), is die Romeinse akteur wat ons die buitestander se siening van dié “barbaarse” dorpie gee. Indien jy met die Asterix-boeke (1959-2019) grootgeword het, is dié program ’n bekende en genotvolle weergawe van die antieke geskiedenis. Nie geskik vir kinders nie.

Ek het pas begin kyk, maar in seisoen 1, episode 3, verklaar Rufus hy kan die primitiewe dorpie “ophef”, deur ’n abstrakte kunsinstallasie vir sy simboliese waarde te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans5 min read
‘Vreemde’ Vriende
Karavaan Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:30 Wie sal jy aan jou sy wil hê tydens jou laaste tyd op aarde? Die vrygeestige Renske (Elsabé Daneel) prop haar beste vriend Hennie (Kurt Egelhof), en nuwe vriende Gert (Albert Maritz), ’n oorlogsveteraan
TV Plus Afrikaans2 min read
Doodloopstrate
Dis nag en alles het net vir Siya (Gantane Kusch) te veel geword – en nou is hy ’n voortvlugtige nadat hy Junaid (Hein Poole) in ’n woede-uitbarsting vroeër in November probeer verwurg het. “Junaid het ’n snedige opmerking gemaak oor Siya en hoe Siya

Related