Huisgenoot

KAJUITKOORS

DIE plesiervaart was die ervaring van ’n leeftyd – maar nie op die manier wat enige passasier verwag het nie.

Talle aan boord van die Diamond Princess het plek op die vaart van 29 nagte van Singapoer na Japan via Viëtnam, Hongkong en Taiwan bespreek om troues, herdenkings en mylpaalverjaardae te vier.

Die skitterende wit agttienverdiepingplesierboot was volgens die brosjure die “juweel van die see”. Gaste sou in aanddrag by die kaptein se tafel kon aansit, in ’n Japannese “onsen”-bad kon week, in varswaterswembaddens swem en uit sjampanjefonteine drink.

“Dis so te sê ’n vyfsterhotel,” sê Alan Sandford, ’n afgetrede onderwyser van Nottingham, Engeland, wat saam met sy vrou, Vanessa, die skeepsvaart vir sy 65ste verjaardag onderneem het.

Die Diamond Princess het op 6 Januarie uit Singapoer vertrek met 1 041 bemanningslede en 2 589 passasiers, hoofsaaklik van Europa, Amerika en Asië. Onder hulle was 12 Suid-Afrikaners en 77 Britte, insluitend die Sandfords.

Op 20 Januarie in Jokohama het David en Sally Abel, ’n Britse egpaar van Northamptonshire, by hulle aangesluit vir ’n “Chinese Nuwejaarsvaart” van 14 nagte om hul 50ste huweliksherdenking te vier. Ook Gay Courter, ’n 75-jarige Amerikaanse skrywer, het daar opgeklim. Sy het met ’n vorige keer die navorsing vir haar boek The Girl in the Box – ’n mediese raaiselverhaal wat op ’n passasierskip afspeel – op die Diamond Princess gedoen.

Plesiervaarte is verslawend. Die SandHEEL fords was op hul 10de vaart, Elaine Spencer van Kent het saam met haar man hul 20ste huweliksherdenking gevier op hierdie, haar derde, vaart, terwyl Gay op haar 10de vaart met Princess Cruises was. Al wat Alan bekommer het, was die duur van die vaart.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related