Huisgenoot

OM IN MATRIEK TE WEES

DIT is een van daardie mylpaaljare wat ’n mens nooit vergeet nie: jou matriekjaar.

Dis die oorgang tussen jou kinderjare en grootmenslewe; die tyd van ’n hele klomp laastes, en ook van groet voor jy die nuwe lewensfase anderkant jou skoolloopbaan betree.

Daar is die druk van hersiening en eksamenstres, maar ook soveel vreugdes: die laaste redenaarskompetisie of eisteddfod, daardie belangrike netbal- of rugbywedstryd, die interskole en jou matriekafskeid.

En tussen alles deur die kosbare oomblikke van samesyn saam met die groepie vriende met wie jy deur jare hegte bande gesmee het. Die grappe, frustrasies, verliefdheid en onsekerheid oor die toekoms – en al die drome en dinge van ’n kind.

In die nuwe jaar sal elkeen sy eie koers inslaan, maar vir oulaas snoer skool julle saam.

Vir vanjaar se matrieks is alles egter anders. Want die matriekklas van 2020 sluit hul skooljare af in die tyd van die COVID-19-pandemie en uitgerekte inperking.

Die graadgroep het pas teruggekeer skool toe nadat hulle byna twee maande met tuisonderrig op koers moes bly, en alles is anders as voorheen. Hulle moet pal op die skoolterrein maskers dra, mag nie aan mekaar raak of naby mekaar kom nie en mag nie aan sport of ander naskoolse aktiwiteite deelneem nie.

Baie van die dinge waarna hulle uitgesien het, is weggeraap nog

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related