Kuier

SPESIALE soetgoed

“Die grootste bederf is ’n teepartytjie, ’n tafel gedek met jou beste porselein en die lekkerste tuisgebak. Alles so uit jou hart uit.”
KAREN HART

WORTELKOEK

Maak een groot koek (2 lae van ongeveer 20 cm in deursnee)

Baie lesers het geskryf en gevra vir ’n lekker wortelkoekresep. Ek het in my lewe nou al ’n hele paar wortelkoekresepte teëgekom en heelwat van hulle self probeer, maar hierdie een vat die koek! Dis die lekkerste lekker wat jy jou kan indink! Dit smaak hemels en is heerlik klam. –Karen

BESTANDDELE

Koek

2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel fyn kaneel
½ teelepel sout
1 koppie canola-olie (dit werk die beste)
1¾ koppies suiker
2 groot eiers, teen kamertemperatuur
1½ teelepels vanilla essence
2 koppies wortels, gerasper
¾ koppie klapper (coconut)
½ blikkie fyngemaakte pynappel met sap en al
(Ek gooi dit in ’n maatbeker en meet 200 ml af.)
1 koppie geroosterde pekanneute (pecan nuts), grofgekap

Versiering

2 x 250 g-houers roomkaas
1¼ koppie versiersuiker (icing sugar), gesif
Gerasperde skil van1 lemoen
’n Paar heel pekanneute

METODE

Sif die meel, bakpoeier, kaneel en sout en hou eenkant. Klits die olie en suiker saam in ’n groot mengbak. Voeg die eiers een op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging totdat die mengsel lig is. Voeg die vanilla essence by en meng

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 312 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: ER LOMBARD EN INSTAGRAM/@CHEFREUBENRIFFEL, @GRANT9_WILLIAMS ■
Kuier5 min read
Bye, Tim! Hi, Marco!
Die afgelope paar weke het die ding sommer behoorlik geruk in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosch. Wie sou ooit kon dink dat JPD se aantreklike en seepgladde argitek, Tim du Plooy, uiteindelik tot ‘n val sal kom? Dit was nog nooit ‘n geheim in die gel
Kuier1 min read
Lei Jouself Op
Mimi sê die Parent Effectiveness Training (PET)-kursus is ‘n “fantastiese kursus vir ouers wat hulle leer hoe om beter te kommunikeer met hul kinders, maar ook met almal rondom hulle”. Sy is self ‘n instrukteur en sê dié kursus, wat plaaslik en wêrel

Related