Huisgenoot

Hartskos vir ma

OP Klein Roosboom buite Durbanville naby Kaapstad kan jy jou nou Sondae aan nostalgiese hartskos in ’n nuwerwetse styl verlustig. Dié plaas het bekend geraak vir hul MCC-vonkelwyne wat die energieke boervrou Karin de Villiers in 2007 begin maak het. Piti Coetzee is deesdae die wynmaker.

Nadat Karin se man, Jéan, in 2017 oorlede is, het die familie verlede jaar ’n eetplek oopgemaak en dit na hom genoem. Gaste het ’n mooi uitsig op die wingerde waar dié boer soveel van sy tyd deurgebring het.

Die sjef, Lorianne Heyns, hou van egte kos sonder te veel tierlantyntjies maar propvol geur. Hier is ’n paar van haar resepte – maak dit gerus vir jou ma.

BO-KAAPSE GEROOSTERDE VARKBLAD MET PIEKELPERSKES

Dis die tuisgemengde kerriepoeier wat dié varkblad tot hemelse lekkerte verhef.

GENOEG VIR 8-10 MENSE
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 8 UUR 20 MIN.
RUS: 25 MIN.

◗ 2,5-3 kg varkblad met been, behou swoerd◗ olie◗ 30 ml (2 e) seesout◗ 125 ml (½ k) Bo-Kaapse◗ kerriepoeier (sien resep)◗ 2 uie, geskil en in skywe gesny◗ 2 appels, in 1 cm-skywe gesny◗ 500 ml (2 k) hoenderaftreksel◗ 500 ml (2 k) droë witwyn of ekstra hoenderaftreksel◗ 500 ml (2 k) water

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Hoe Goed Ken Jy? Zayn
1 Zayn het onlangs op die BBC-reeks CBeebies Bedtime Story Show ’n kinderboek gelees. Wat was die boek se naam? A: Pink Trucks deur Sam Clarke B: Music Is in Everything deur Ziggy Marley C: I Lived Inside a Whale deur Xin Li 2 Zayn het onlangs gesê h
Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wie het die Vier seisoene gekomponeer? 2 Wat is die afgeronde spoed van lig min of meer: 160 000 km/s, 230 000 km/s of 300 000 km/s? 3 In watter land is die antieke stad Petra? 4 Wat is die wêreld se hoogste waterval? 5 Van watter neute word marsep
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlike kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Stuur jou e-pos aan Vra vir Irma na v

Related