Rapport

Dís hoe dit was om ’n Recce te wees . . .

1 Recce (volume 2): Agter vyandelike linies deur Alexander Strachan. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R290.

1 Recce: Agter vyandelike linies is die twee-de volume in ’n reeks oor die ontstaan en ontwikkeling van 1 Recce as moedereenheid waaruit die huidige Suid-Afrikaanse spesiale magte ontwikkel het.

Die eerste boek in die reeks, 1 Recce: Die nag behoort aan ons (2018), fokus hoofsaaklik op die ontstaansgeskiedenis van 1 Recce as militêre eenheid, en in die tweede volume “val die klem grotendeels op die operasies en kry die leser minder uiteensetting en meer beskrywings van die Recces se operasionele aanwending” (bl. 11). Die klem is spesifiek op operasies wat 1 Recce in die tydperk van 1977 tot aan die einde van 1981 uitgevoer het.

Vanuit ’n strategiese perspektief daarop dat die Suid-Afrikaners teen 1977 besig was om die oorlog teen Swapo in Namibië te verloor. Die jare 1977 tot 1981 was daarom ’n tydperk van ontwikkeling van toepaslike leerstellings, tegnologie en uitrusting vir die Suid-Afrikaanse weermag se teeninsurgensiestryd teen Swapo in Namibië. Angola se ondersteunende rol as veiligheidsoord vir Swapo het dié land nie net geografies by die oorlog betrek nie, maar ook die Angolese veiligheidsmagte ingesleep. Gevolglik is die Recces toenemend in operasionele omvang en fokus betrek by beide oorloë in dié strategiese en geografies uiteenlopende operasionele teaters.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Steeds Geen Keer Aan Jaguars
Die Jaguars mik vandag na ’n plek in hul sewende agtereenvolgende eindstryd van die Nasionale Liga. Ná elf dae se netbalaksie in Bloemfontein is die laaste vier plekke bespreek. Die Noord-Gautengers pak die Southern Stings om 14:00 in die eerste half
Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band

Related