Rapport

As ’n virus regeer . . .

Die Amerikaanse Burgeroorlog het van April 1861 tot April 1865 gewoed. Tydsgrepe vir die Amerikaanse burgerregtebeweging is minder presies, maar van die laat 1940’s tot laat 1960’s sal deug.

Deesdae is ons midde-in ’n derde Amerikaanse tuiskonflik van epogmakende omvang. Noem dit ’n burgeroorlog sonder gewere, want só bepalend is die land se volgende presidentsverkiesing vir die toekoms, dat selfs die gevegsfront van ’n ander oorlog wat tans in die VSA woed – die een teen ’n virus – as politieke speelpark vir die konfrontasie tussen rooi en blou dien.

Hoe anders as die huidige Amerikaanse president op sy louere gerus het toe hy ’n verenigde landswye aanslag teen die koronavirus van stapel moes stuur?

Pleks daarvan het hy die gevaar ontken, gholf gespeel en politieke saamtrekke gehou om sy gebruiklike vitrioel oor Demokrate te spoeg.

Wuhan, in Sentraal-China, is merendeels ’n moderne stad met 10 miljoen inwoners wat op handel, finansies, vervoer, tegnologie en die motorbedryf fokus.

Op die laaste dag van 2019 waarsku Wuhan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) oor gevalle van longontsteking, die bron onbekend. Die direkteur van Amerika se sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) verwittig die minister van gesondheid, Alex Azar, wat op sy beurt die Withuis en die nasionale veiligheidsraad inlig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport3 min read
ANC Swaai Om Oor Verdagte Lede
Presies agt weke nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ANC-lede wat aangekla is van korrupsie mag vir geen regeringspos oorweeg word nie, het die party dié besluit herroep. Groot opwinding het geheers toe Ramaphosa op Maandag 31 Augustus in ’n
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band

Related