Rapport

Prof. ‘Slim’ bring kennis en hoop

Sedert die koronakrisis in Amerika noem hulle pres. Donald Trump se voorste raadgewer, dr. Anthony Fauci, “Amerika se huisdokter”.

Maandagaand, in ’n kalm, beredeneerde, twee uur lange kennisontploffing, het prof. Salim Abdool Karim ons dr. Fauci geword deur ons uiteindelik te help sin maak van die angs oor korona.

In ons onderhoud Donderdag gooi prof. Karim woes wal tussen vinnige toebroodjiehappe agter sy lessenaar in Durban en sê dis onvanpas om hom selfs in dieselfde asem as Fauci te noem.

“Hy is my rolmodel, ’n wêreldleier in hierdie veld. Ons is goeie vriende. Ek en Quarraisha (sy vrou, self ’n gerespekteerde epidemioloog) besoek hom gereeld. En wat die arme dr. Fauci nie moet opvreet van Trump nie,” gee hy ’n uitgerekte fluit. “Nee, aarde!”

Sjarmant mag Karim wees, maar “Slim” was al die prof se bynaam op hoërskool toe sy Afrikaans-onderwyser vir hom gesê het: Mannetjie, moenie vir jou slim hou nie!

“Dié bynaam is effens ironies, want in daardie dae was ek nogal oorgewig,” skerts hy.

Hy was slim, nie slim nie.

As kind was Isaac Newton sy held, en 32

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport2 min read
Bohaai Oor ‘Een Keer’ Se Video
Katlego Maboe se gewese lewensmaat, Monique Muller, sê sy weet nie hoe ’n video waarop sy hom oor sy ontrouheid konfronteer die afgelope week op sosiale media beland het nie. Die video van ’n beteuterde Maboe in ’n donker japon wat bieg dat hy by ’n

Related