SARIE

DIE GROOT ORONA

’n Mikroskopies klein virus waarvan die oorsprong nog in geheimsinnigheid gehul is, het die planeet op sy kop gekeer. Selfs die Olimpiese Spele moes die knie buig. Die verlamming van wêreldekonomieë kan verwoestend en verreikend wees.

Talle lande, ook Suid-Afrika, het ’n staat van inperking ingestel. Dit sal egter nie die pandemie uitwis nie. Hoe lank ons ons tuis tussen berge toiletpapier, handwasmiddels en blikkieskos teen ons medemens sal moet verskans, weet ons nie. Wat ons wel die afgelope paar weke geleer het, is dat dinge binne ’n oogwink kan verander.

Teen druktyd het meer mense in Amerika die virus onder lede gehad as in China en Italië, wat voorheen die middelpunt was. Meer as 2 miljoen mense wêreldwyd het die virus opgedoen en die sterftesyfer het 119 000 verbygesteek. In Suid-Afrika het 27 mense al gesterf.

Die vraag is: Hoe lank? “Dit gaan nie spoedig wees nie(). Dit het China twee maande geneem – en ’n maand ná die erns van die situasie besef is – vir die siekte om sy piek te bereik. En Suid-Korea sowat ’n halwe maand. Maar so baie oor die virus en hoe dit optree, is nog onbekend. Dit hang ook af hoe lank ons die begeerte om skouer met ander mense te skuur gaan onderdruk. Brittanje het juis aanvanklik gehuiwer om ’n verbod op groot byeenkomste te plaas, uit vrees dat mense vinnig daarvoor gaan moeg raak. Uiteindelik moes ook die Britte hul deure sluit.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related