Die ongelykheid van voedselonsekerheid
Met die uitsondering van Antarktika het die mens 12 000 jaar gelede elke vasteland op die aarde bewoon. Sedert die mensdom se bestaan het hy vir 200 000 jaar, waar hy hom- self ook al bevind het, op die voedsel oorleef wat in die omgewing beskikbaar was, hetsy dit in tropiese, halfwoestyn- of selfs koue gebiede was.
Die bevolking was in klein groepies gegroepeer wat in afsondering van mekaar gewoon het, maar hulle was goed aangepas by hul omgewing en het eeue lank teen ’n stadige pas ’n nomadiese bestaan gevoer deur agter voedselbronne aan te trek indien kos skaars geraak het.
Toe, 11 500 jaar gelede, het klimaatstoestande en sy eie, karige tegnologie die mens in staat gestel om self voedselbronne te begin skep en onderhou – wat later as die landbou gedefinieer sou word. Die makmaak van diere en die kweek van plante het geleidelik op verskillende plekke en op verskillende tye begin voorkom. Argeologiese bewyse dui daarop dat boerdery ongeveer 11 500 jaar gelede in die vrugbare halfmaan van die Midde-Ooste ontstaan het, toe in Noordoos-Afrika ’n duisend jaar later, in Oos-Asië sowat 9 000 jaar gelede, en toe ook in Nieu-Guinee, Afrika suid van die Sahara, Suid-Asië en die Amerikas in
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days