Landbouweekblad

LEER JOUSELF BLYDSKAP — HIER’S HOE

D ie lewe het hom nog altyd net goed behandel, sê Johannes de Villiers waar ons op Häzz, die Stellenbosse koffiewinkel waarvoor hy ’n ambassadeur is, se stoep sit en gesels.

Hy kom uit ’n middelklasgesin met genoeg geld en het ’n goeie opvoeding en suksesvolle loopbaan, maar dit het hom nie gekeer om “heeltyd beneuk en kwaad te wees vir die hele wêreld nie” – veral in sy twintigerjare.

“My probleem was nie dat ek iets in my lewe gemis het nie. My probleem was dat ek nooit stilgestaan en myself bewus gemaak het van wat in my lewe rég is nie,” vertel dié joernalis, jogi en skrywer van die boek Blydskap – Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe.

Hy het blydskap begin navors en reg oor die wêreld gereis om met mense te gesels wat na sy mening ’n gelukkige lewe lei. Wat ons by die voor die hand liggende vraag bring: Kan ’n mens werklik blydskap aanleer?

Johannes het gevind mense het ’n “gekondisioneerde pessimismevoordeel”.

“Pessimisme is half in onsgaan optel en dit oor en oor doen. As jy wil dankbaar wees, moet jy oor en oor goetertjies inoefen.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
EIKENHOF (323) 24 h, aan Destiny Spring Investments 3 (Edms.) Bpk., van S.P. Barnard, R9250000. FRISCHGEWAAGD (562) 503 h, aan Zumbani Prop (Edms.) Bpk., van Hendrik van Wyk Trust, R9 000 000. KOOLFONTEIN (431) 69 h; STERKFONTEIN (424) 87 h en WELVER
Landbouweekblad2 min read
Aanpasbare Diere Waarborg Sukses
Met die klem op prestasietoetsing en aanpasbaarheid behaal die Advocate-stoetery van regter Callie Cillié en sy dogter, Erina Cillié-Du Preez, deurlopend sukses in die Sussex-bedryf. Cillié, wat intussen sy regstoga opgehang het, en sy steunpilaardog
Landbouweekblad2 min read
Stof Tot Nadenke
’N GESAGHEBBENDE verslag deur PwC oor vyf dwingende wêreldkwessies en hul implikasies is onlangs bekend gestel. Sowat tien jaar gelede is die vyf faktore – toenemende ongelyke welvaartverspreiding, demografiese druk, ’n toename in nasionalisme en pop

Related