Landbouweekblad

Kenners gee veeboere hoop

O m Suid-Afrikaanse boere se onsekerheid aan te pak het Kroon Vee van die Van Zyl-familie van Vryburg ’n toekomsdag op hul familieplaas gehou. Kenners het oor veral vier aspekte gesels, naamlik grondbesit, bemarking, klimaat en dieregesondheid.

Kroon Vee tel onder die grootste stoettelers in Suid-Afrika. Met plase op Vryburg en Olifantshoek, albei streke met lae reënval, probeer hulle hul droogterisiko’s geografies verlaag. Die produksie van kuilvoergewasse onder spilpuntbesproeiing, goeie dieregesondheidsmaatreëls en puik bemarking van stoet- en slagvee stu veerkragtigheid verder.

Vier sprekers het met ’n groot aantal genooide boere gesels. Die sprekers was mnre. Nick Serfontein, hoof van die Sernick-groep op Edenville en Kroonstad wat sedertdien as Suid-Afrika se Boer van die Jaar 2019 aangewys is, Dewald Olivier, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, Johan van den Berg, bestuurder van gespesialiseerde gewasversekering by Santam, en dr. Martin Ferreira, eienaar van Morvet Veeartsenydienste op Potchefstroom.

KOOP GROND EN BEWEEG VORENTOE

Mense wat in die landbou se toekoms glo, moet aanhou vorentoe beweeg en grond koop, want Suid-Afrika en die hele Afrika het ’n ongelooflike toekoms, was Serfontein se boodskap aan die meer as honderd boere. Veral die maatskaplik-politieke klimaat, eiendomsreg en die landbou se eie prestasie sal die toekoms bepaal.

Maatskaplik-politieke toestand. Die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad2 min read
Graandiefstal Neem Toe: Mark Begin Aanpas
MET die somergraanoes in volle gang word graandiewe slinkser en gesofistikeerder. Minstens drie vragmotorbestuurders is al in die verlede in kapings van graanvragte dood, en prostitute word ál meer in sindikate ingespan. Wimpie Nel, spesialisondersoe
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc

Related