Landbouweekblad

Rooskleurige 2021 voorspel

Die weer het altyd die laaste sê – en met die noot waarop die somerreënseisoen afgeskop het, lê daar in 2021 ’n goeie rooivleisjaar vir Suid-Afrika voor.

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê 95% van die rooivleis wat in Suid-Afrika geproduseer word, word plaaslik verbruik en net 5% word tans uitgevoer. Die uitvoersyfer behoort egter te styg en kan volgens kenners spoedig tot 20% toeneem.

Bek-en-klouseer het uitvoer aan die begin van 2020 tot stilstand gedwing, maar die rooivleisbedryf het hard aan bilaterale ooreenkomste gewerk. Suid-Afrika het voor die uitbreking vleis na 42 lande uitgevoer. Dit het intussen begin herstel en uitvoer geskied nou reeds weer na 16 lande.

“Die goeie nuus is dat uitvoer wegbeweeg van uitvoerlande in Afrika suid van die Sahara en ons buurlande. Uitvoer is nou hoofsaaklik na die Midde-Ooste, China en die Verenigde Arabiese Emirate,” sê Schutte.

“Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) verwag uitvoer kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.