Landbouweekblad

Hoe Francis Visagie vertikaal uitbrei

Hy is al as bewaringsboer en megaboer vereer, maar mnr. Francis Visagie van die plaas Uitkyk naby Kenhardt wil eerder as ’n kampvegter vir die Dorperras bekend staan.

Dié Noord-Kaapse Boer van die Jaar bedryf ’n eenstop-slaglamboerdery met embrioproduksie waarmee hy die angel uit die droogte haal deur buitelandse valuta te verdien.

Visagie het in 1980 op 7 000 ha met 750 stuks kleinvee begin boer. Vandag, 40 jaar later, boer hy op aansienlik meer eie en huurgrond met ’n kudde van duisende Dorpers.

“Dit is nie maklik om jou boerdery in die ekstensiewe toestande van die Boesmanland te diversifiseer nie, want dit is ver van die mark af en die wisselvallige klimaat lê jou besluite aan bande.”

Sy gerekende Dorperstoetery is die voedingsbron vir die grootste, geregistreerde kommersiële Dorperboerdery in Suid-Afrika wat slaglammers produseer – dit verteenwoordig sowat 86% van sy omset. Daarby plaas die uitvoer van embrio’s hom in ’n ander liga. Die Visagies bedryf hul eie kwarantynstasie met uitvoerstatus

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad2 min read
Graandiefstal Neem Toe: Mark Begin Aanpas
MET die somergraanoes in volle gang word graandiewe slinkser en gesofistikeerder. Minstens drie vragmotorbestuurders is al in die verlede in kapings van graanvragte dood, en prostitute word ál meer in sindikate ingespan. Wimpie Nel, spesialisondersoe
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc

Related