Weg! Platteland

Saai wat jy. maai

Jou groentetuin kan jou en jou gesin – én selfs die mense in jou buurt – jaar ná jaar voed. Al wat nodig is, is dat jy ’n paar maklike tegnieke oefen om saad te oes en vir die volgende jaar te hou. Begin met ’n paar maklike gewasse, vra soveel as moontlik raad (dis gratis!), en vorm ’n netwerk met mense wat soos jy dink – of jy nou in ’n voorstad woon of op ’n kleinhoewe of ’n plaas.

Shannon Draper van The Gravel Garden Company wat op Somerset-Wes in die Kaap erfenissaad kweek en verkoop, sê: “Die afgelope 12 000 jaar al bewaar ons as ’n kultuur saad, maar net in die afgelope 100 jaar of wat het ons die kennisgrondslag van dié maklike en noodsaaklike kuns verloor. Boere en tuiniers moet nóú inspring om in ’n ekonomies uitdagende tyd ons hulpbronne en kennis saam te snoer. Dís waaroor ’n gemeenskap gaan.”

Hoekom moet jy saad hou?

Jy kan geld spaar Sue Vingerhoets van die organiese plaas Foxglove op Baardskeerdersbos verkoop haar saad onder die naam Foxglove. “As jy beplan om jou eie groente te kweek, selfs op klein skaal, sal jy dom wees om nié saad te oes nie,” sê sy. “Al daardie saadpakkies in die winkels kos ’n fortuin. As jy byvoorbeeld tamatiesaad reg bêre (kyk op bl. 110 hoe), sal jy omtrent 100 saadjies van ’n enkele tamatie kry, maar in ’n gekoopte pakkie is daar net 25-30.”

Maar die eerste reël, sê Sue, is om groente te kweek waarvan jy hou om te eet, anders gaan jy belangstelling verloor. Dan is daar geen goeie rede om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related