Weg! Platteland

Die waterkrisis en...   die gróter les

Terwyl ons hier skryf, het Kaapstad uiteindelik wakker geskrik en besef die kans is goed dat daar nie genoeg water in die damme sal wees om die munisipale pype aan die gang te hou nie – nie voor die winter se reën val nie. Dis al waaroor mense praat; jy vóél die paniek.

As elkeen hulle waterverbruik tot onder 50 ? per dag kan beperk, kan ons “Dag Zero” vermy (teen druktyd 11 Mei). Die kanse dat aanvullende noodvoorraad en vroeë winterreën ons bas gaan red, is skraal. Die toewysing aan die landbousektor uit damme wat die stad se water voorsien, is reeds gesny.

Noodsaaklike waterbesparing hang af van ingrypende gedragsverandering. Gedurende die Australiese droogte van 2000 tot 2010 was die laagste verbruik 129 ? per persoon per dag. Meer as die helfte van Kaapstad se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n