Weg! Platteland

ONS VERDRINK IN PLASTIEK!

Plastiek, kan ’n mens sonder skroom verklaar, het ons lewe verander soos min ander uitvindsels. En hier is die verrassing: Dit het ons lewe ten goede verander, die aarde ’n beter plek gemaak.

Wat, wonder jy waarskynlik: Het Platteland nou die kluts kwytgeraak!?

Kyk gerus om jou. Oral om ons sien jy dit, in volkome onskadelike vorm – van rekenaars en selfone tot elektriese toebehore. Dis in speelgoed, juweliersware, lampe, pothandvatsels, Teflon, isoleermiddel vir elektriese kabels, inspuitings. Skoene en klere, tandeflos, broekrekke, sykouse, lugsakke, motorsitplekke, broeikaste, tuinslange. Die pofbaadjies wat so hoogmode is. Ook in voertuie en vliegtuie, wat dié vervoermiddels ligter op brandstof maak en minder besoedeling tot gevolg het. En dan praat ons nie eens van die medisynebedryf nie.

’n Lewe sonder plastiek is haas ondenkbaar.

“Plastiek is oral en word in vele dinge gebruik,” beaam Lorren de Kock en Zaynab Sadan, die “plastiekspan” van die Wêreldnatuurfonds (WWF). “Dit is ’n baie bekostigbare en veelsydige materiaal wat die rakleeftyd van kos verleng. Dit is liggewig, duursaam en noodsaaklik in die medisynebedryf. Maar dit is die weggooikultuur wat tot die begrip ‘enkelgebruik’ gelei het – en dít is hoekom ons soveel daarvan in ons natuurlike omgewing sien.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi

Related